Vajrayana

Vajrayana is ’n komplekse stelsel van Boeddhistiese denkrigtings en praktyke met vele fasette wat oor verskeie eeu ontwikkel het.[1] Dit is ook bekend as Tantristiese Boeddhisme, Tantrayana, Mantrayana, Geheime Mantra of Esoteriese Boeddhisme.

Volgens Vajrayana-geskrifte verwys die term Vajrayana ("die Diamantvoertuig") na een van drie voertuie of paaie wat lei na verligting; die ander twee is Sravakayana (ook bekend as Hinayana, "die Klein Voertuig") en Mahayana ("die Groot Voertuig).

  1. Macmillan Publishing 2004, p. 875-876.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search